The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Swys: Bokke kom 1ste in WB-jaar |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 19-Jan-2019 at 6:14am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-bokke-kom-1ste-in-wb-jaar-20190118
Die All Blacks is steeds die span wat geklop moet word in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan. Swys de Bruin, die Leeus se hoofafrigter wat die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, verlede jaar bygestaan het as sy aanvalskonsultant, het Vrydag in die Johannesburg-stadion gesê daar moet nie ’n vals beeld van veiligheid geskep word net omdat die Bokke verlede jaar goeie rekenskap van hulself teen die Nieu-Seelanders gegee het nie. “Ons het wel goed gedoen teen hulle, maar die All Blacks is steeds die voorste span ter wêreld en ek glo ook van hul spanne sal die gunstelinge wees in die Superrugby-reeks,” sê De Bruin. Erasmus het Donderdag besoek afgelê by die span van die Goudstad en sy planne vir die jaar aan hulle uitgestippel. “Hy het vir ons gesê hoe hy wil hê die spelers moet rus sodat hulle behoorlik slaggereed kan wees vir die Wêreldbeker. In ’n Wêreldbeker-jaar soos hierdie kom die Springbokke eerste,” het De Bruin gesê. Volgens De Bruin is dit egter ook vir hulle by die Leeus belangrik dat hulle ’n goeie kans gegun word om hul beste in die Superreeks te lewer. “Ons sal moet slim boks en toesien dat ons Springbokke goed afgewissel word en nie oorspeel word nie, sodat hulle genoeg rus- en herstelkans tydens die Superreeks kry. Daar is ’n fyn balans wat gehandhaaf moet word, maar ons is oorgehaal om dinge korrek te doen,” sê hy. “Ek is realisties oor die situasie waarin ons is en besef daar moet aan die groter prentjie gedink word.” Die Leeus se breier het ook bevestig dat die Bulle-stut, Frans van Wyk, ’n eertydse leerling aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp, hom by die Leeus aangesluit het. “Frans is ’n vaskopstut wat ook aan die loskopkant kan sak. Hy kom hier uit ons wêreld en ken van die spelers wat hier is aangesien hulle saam by Monnas gespeel het. "Hy sal sommer maklik inskakel en ons stut-geledere help versterk,” vertel De Bruin. |
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |