The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Marco wil Bok-skrummies op hul tone hou |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 30-Jan-2019 at 8:36am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/marco-wil-bok-skrummies-op-hul-tone-hou-20190129
’n Mens sou dink dit is ’n oordeelsfout vir ’n skrumskakel om by ’n rugbyunie aan te sluit wat reeds twee Springbokke in dié posisie op sy boeke het. Die verloopte Leeu Marco Jansen van Vuren beskou egter nie sy skuif na die Bulle as ’n waagstuk nie, maar eerder as ’n waardevolle geleentheid om weer op die radar in Suid-Afrikaanse rugby te verskyn. Dié 22-jarige boorling van Vanderbijlpark het die afgelope Saterdag vir die Bulle in ’n opwarmwedstryd diens gedoen teen sy ou span – en ’n indrukwekkende vertoning gelewer vir iemand wat vyf maande laas gespeel het. Daar is ’n seisoen of wat gelede groot dinge van die lenige skrumskakel, wat in 2015 en 2016 vir die Junior Springbokke gespeel het, by Ellispark voorspel. Hy het sedertdien onverklaarbaar in onguns verval by die Leeus en is aan die einde van verlede seisoen Stellenbosch toe om hom by die Blitsbokke aan te sluit. Dít was voordat Pote Human, die Bulle se hoofbreier, hom vroeër vandeesmaand na Pretoria ontbied het. Die probleem vir Jansen van Vuren is dat die Bulle twee belowende Bok-skrumskakels, Embrose Papier en Ivan van Zyl, in hul groep het, terwyl André Warner ook uit Frankryk teruggekeer het. “Ek is nederig om hier te wees en is dankbaar om speeltyd te kry. “Ek het toevallig saam met Embrose (2016) en Ivan (2015) vir die Junior Bokke gespeel. “Daar is ’n groep jong skrumskakels hier en ek verwelkom die kompetisie. Dit is goed om die kans te kry en ek sal alles gee om hulle op hul tone te hou. “Dit is onseker watter rol die Wêreldbeker-toernooi gaan speel en tot watter mate spelers roteer gaan word. Dit is coach Pote se besluit.” Terloops, wat het by die Leeus skeefgeloop? “Ek vermoed Swys (de Bruin) hou meer van korter, nippy skrumskakels. “My spelstyl pas waarskynlik beter by die Bulle. Ek moes Saterdag meer beheer neem en daar was ’n groter onus op my om die druk te verlig. Ek glo dit is een van my sterkpunte.” Jansen van Vuren is lank (1,88 m) en fisiek vir ’n skrumskakel en herinner aan die voormalige Loftus Versfeld-legende wyle Joost van der Westhuizen. “Hoe hy destyds gespeel het en die afgeronde skrumskakel wat hy was, was ongelooflik. “Ek kyk ook op na ’n speler soos Fourie (du Preez). “Dit gebeur dikwels dat mense vir my sê ek is te lank vir ’n skrumskakel. “Hoekom kan ’n skrummie nie lank wees nie?” Human wys Woensdag sy span aan vir Sondag se opwarmwedstryd teen die Stormers in Kaapstad. |
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ek het gehoor die Leeus se ook daar is tekortkominge in sy spel en daarom was hulle bereid om hom te laat gaan, hulle mening is dat hy te stadig is om die bal weg te kry. Vir my is hy en Groom omtrent ewe vinnig/stadig om die bal weg te kry, so ek weet nie....
|
|
LeeuBrul
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Boksburg Status: Offline Points: 2260 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ek sal die verbaas wees as hy n bok gaan word by die Bulle nie.
|
|
Once a Lion always a lion
|
|
Zibbie
Koning Leeu Joined: 03-Apr-2016 Status: Offline Points: 1166 |
Post Options
Thanks(0)
|
Dis nie n vreeslike prestasie om by die bule n bok te word nie ... ek meen as rudi page kan ....
|
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
|
of papier en ivan van zyl ook
|
|
emiel1
Ervare Leeu Joined: 30-Jan-2019 Status: Offline Points: 529 |
Post Options
Thanks(0)
|
Dink die bestuur was op soek na 'n speler soos Fav wat die speltemoo kan lig. Nie dat die ander Suid Afrikaanse scrummies hand opgesteek in die opsig die afgelope twee seisoene nie. Van Vuuren is 'n heel ander tipe 9 met ander sterk en swak punte. l
Edited by emiel1 - 30-Jan-2019 at 11:29am |
|
LeeuBrul
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Boksburg Status: Offline Points: 2260 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ja almal by die bulle raak Bokke .......
|
|
Once a Lion always a lion
|
|
WitBoer
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2162 |
Post Options
Thanks(0)
|
Hoekom sou hulle dan vir Groom gekoop het?
|
|
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|
emiel1
Ervare Leeu Joined: 30-Jan-2019 Status: Offline Points: 529 |
Post Options
Thanks(0)
|
Wie weet, dalk ervaring, sal ook graag wil weet.
|
|
J J
Pasgebore Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: Krugersdorp Status: Offline Points: 95 |
Post Options
Thanks(0)
|
Hulle luister te veel na Steve Hofmeyer se lied waarin hy se "Maak die Bulle almal Bokke"
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |