The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Cornal wou nie veld verlaat teen Leeus |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 28-Jan-2019 at 2:58pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/cornal-wou-nie-veld-verlaat-teen-leeus-20190128
Cornal Hendricks het Saterdag teleurgesteld sy kop geskud toe hy in die tweede helfte van die losmaker teen die Leeus vervang is. Dit is nie dat dié 30-jarige oud-Bok-vleuel verwag het om enduit op die veld te wees nie, maar as jy so lanklaas soos hy op dié vlak gespeel het, is ’n man suinig met sy speeltyd. “Ek was nie gelukkig daarmee nie, maar ek besef almal moet ’n kans kry. Daar het nie veel bal na my kant toe gekom nie en ek was waarskynlik oorywerig om my vermoëns ten toon te stel,” sê Hendricks. “Ek is darem tevrede dat my eerste wedstryd terug nou agter die blad is. Ek was lekker op my senuwees, maar ek is bly ek kan nou uitsien na die volgende wedstryd.” Dit was Saterdag Hendricks se eerste tree terug na beroepsrugby nadat ’n hartkwaal sy loopbaan aan die begin van die 2016-seisoen skielik en onverwags in die wiele gery het. Hy het Saterdag min kanse op die aanval gekry, maar sy verdediging en posisionele spel was goed. “Ek het verwag om meer besit te kry, maar wanneer dit nie gebeur nie moet jy harder werk in die ander afdelings van jou spel. Die voorseisoen was goed en ek het baie aan my fiksheid en vaardighede gewerk. Ek sou graag ’n groter indruk wou gemaak het.” Hendricks is hoopvol dat hy Sondag in Kaapstad weer ’n kans sal kry wanneer die Bulle teen die Stormers te staan kom. Ek was lekker op my senuwees, maar ek is bly ek kan nou uitsien na die volgende wedstryd. “Ek hoop so. My familie wag daar en dit sal ’n groot eer wees om teen die Stormers te speel. Dit is so lekker om weer in spanverband te kan speel en veral by ’n span soos die Bulle. Ek gaan alles vir die Bul-trui gee.” Met Travis Ismaiel wat vanweë ’n skouerbesering ’n groot deel van die Superrugby-kompetisie sal misloop, sal Hendricks en Jade Stighling om die nr. 14-trui wedywer. Pote Human, afrigter van die Bulle, het aangedui hy is van plan om Stighling en Duncan Matthews saam te neem Kaap toe. Johnny Kotze, wat die week by Loftus Versfeld sal aanmeld nadat hy die laaste drie maande vir die Ospreys in Wallis gespeel het, en Divan Rossouw het ook verlede seisoen op vleuel vir die Bulle diens gedoen. Human wys Woensdag sy span aan. |
|
TunaLion
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1816 |
Post Options
Thanks(0)
|
Daar is iets ander wat hy ook nie graag wil doen nie.... en dit is tackle
|
|
Go LIONS!!!!!
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |