The Lions next play Montpellier in France in the Challenge Cup on 11 January 2025, kickoff is at 19:30 |
‘Broederskap’ help Leeus deur taai week |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 19-Apr-2019 at 3:05pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/broederskap-help-leeus-deur-taai-week-20190419
Dit was soos om ’n pa te verloor. Só het Ivan van Rooyen, die Leeus se kondisioneringsafrigter, wat Vrydag ingestaan het as die hoofafrigter van dié span in hul Super-kragmeting met die Chiefs, gesê van die skok dat Swys de Bruin vandeesweek inderhaas teruggekeer het na Suid-Afrika weens persoonlike redes. Van Rooyen het ná die Leeus se indrukwekkende sege oor die Chiefs met 23-17 in Hamilton erken dit was ’n baie moeilike week vir die span van Doornfontein. Behalwe die raaiselagtige omstandighede waarin De Bruin huis toe is en waaroor ’n kleed van geheimsinnigheid by die Leeus gegooi is, was daar ook die nuus dat ’n hof in Sydney die span se verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, skuldig bevind het aan onsedelike aanranding. Dít is ná aanleiding van ’n voorval in 2018 met ’n werker by ’n hotel in Coogee waar die span tuisgegaan het. Luidens ’n verklaring deur die Leeus sal Mongalo appelleer teen sy skuldigbevinding, maar sal hy intussen aan ’n interne tugproses onderwerp word. Verder moes die Springbok-vleuel Courtnall Skosan ook inderhaas terugkeer na Suid-Afrika om sy siek pa by te staan. “Die manier waarop ons vir hom (De Bruin) omgee en hom mis, maak dit moeilik. Hy is vir ons soos ’n pa,” sê Van Rooyen. Hy het ook die lof van die kaptein, Warren Whiteley, besing en het hom as iemand spesiaal beskryf wat groot agting afdwing en gerespekteer word. “Dit was ’n baie moeilike week vir ons en ons is kwaai ontwrig deur al die dinge. Die spelers het geweet hulle moet vir die volle 80 minute fokus en hul liggaam op die spel plaas. “Hierdie was ’n wedstryd waarin dit nodig was vir die senior spelers om hul hande op te steek en dít is gedoen. Dit was iets besonders,” sê Van Rooyen. Oor die besluit om die Springbokke Malcolm Marx en Elton Jantjies, wat aanvanklik op die plaasvervangerbank sou wees, in die beginspan in te sluit, het Van Rooyen verduidelik dit is gedoen omdat gevoel is hul ervaring sal vanaf die begin nodig wees. “Uiteindelik het die sterk gesinsverband wat in die span heers deurgekom en het almal vir mekaar gespeel,” sê hy. Whiteley het ná die wedstryd gesê: “Wow, wat ’n wedstryd. “Ons het soveel terugslae die week gehad dat dit baie druk geplaas het, maar dit is fantasties hoe die ouens reageer het en skitterend teruggeveg het op die speelveld. Met alles wat gebeur het en ook die reis wat ons gehad het, was dit nie die ideale voorbereiding vir hierdie wedstryd nie. “Ek is net baie dankbaar dat ons hierdie een kon wen,” sê Whiteley. |
|
Attie Karate
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1519 |
Post Options
Thanks(0)
|
Uiteindelik het die sterk gesinsverband wat in die span heers deurgekom en het almal vir mekaar gespeel,” sê hy.
Ons het dit nog net hier en daar gesien sover die jaar. Hopelik kan ons meer konstant begin speel. Net nie konstant k@k nie.
|
|
Up the Vaal!
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |