Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Bokke ‘Loodvry’ in Wêreldbeker
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Pumas at Ellis Park in the Currie Cup on 10 August 2024, kickoff is at 15:00

Bokke ‘Loodvry’ in Wêreldbeker

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39464
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bokke ‘Loodvry’ in Wêreldbeker
    Posted: 04-Mar-2019 at 2:54pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bokke-loodvry-in-wereldbeker-20190304

Lood de Jager, Springbok-slot en kaptein van die Bulle, se seisoen is iets van die verlede.

’n Mens sou verwag dat daar ná Saterdag se voortreflike wegsege in die Superreeks oor die Leeus, geen sprake van ’n Blou Maandag by Loftus Versfeld sou wees nie.

Dié slegte nuus is egter ’n groot terugslag vir die Bulle se aanslag in dié kompetisie, sowel as die Springbokke s’n in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi.

De Jager het verlede naweek sy skouer in Buenos Aires teen die Jaguares beseer en daar is aanvanklik aangedui dat hy net twee weke langs die kantlyn sal wees.

Die besering is erger as wat verwag is en hy sal die week geopereer word.

Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het bevestig dat De Jager nie weer vanjaar sal kan speel nie.

“Dit is ’n groot slag vir ons en natuurlik die Springbokke in ’n Wêreldbeker-jaar.

“Albei ons slotte, Eli (Snyman) en Jason (Jenkins), het baie goed teen die Leeus gespeel Saterdag en RG Snyman sal ook oor sowat drie weke weer kan speel.”

De Jager het die laaste ruk groot teëspoed met beserings.

Hy het in Mei verlede jaar ’n borsspier geskeur toe die Bulle op Loftus met die Haaie kragte gemeet het.

Hy was voor die besering uitstekend op dreef in die Bulle se agttal.

Hoewel De Jager die daaropvolgende vyf maande geen rugby gespeel het nie, het die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, hom wel vir die jaareindtoer gekies.

Hy was ’n plaasvervanger in die toetse teen Engeland en Skotland, maar was verstaanbaar nie naby aan wedstrydskerp nie.

Sy jongste besering sal Erasmus se planne vir die WB-toernooi, wat in September in Japan begin, deurmekaar krap.

De Jager was ’n seker keuse om die WB-groep saam met slotte soos Eben Etzebeth en Franco Mostert te haal.

Snyman behoort ook die WB-paal te haal ná sy goeie vertonings verlede jaar, terwyl die veelsydige Pieter-Steph du Toit ook op slot oorweeg kan word in die WB-toernooi. Sy voortreflike spel as steelkantflank sal dit egter ’n onwaarskynlike opsie maak.

Gevolglik kan daar nog ’n plek in die Springbokke se WB-groep vir ’n slot oopgaan. Dít kan as groot geelwortel vir spelers soos Jason Jenkins (Bulle) en JD Schickerling (Stormers) dien in vanjaar se Superrugby-reeks.

Albei was die afgelope naweek goed op dreef in hul spanne se onderskeie weg-oorwinnings oor die Leeus en Haaie.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39464
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 04-Mar-2019 at 2:56pm
Sjo dis hectic, hele jaar uit na hy laas jaar ook omtrent die hele jaar uit was
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 04-Mar-2019 at 3:12pm
Shame man. Hy is nie een van my gunsteling spelers nie, maar ek moet erken, as hy op vorm is is hy eintlik baie goed
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39464
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 04-Mar-2019 at 3:15pm
Ek is ook glad nie 'n fan nie, en ek dink selfs op vorm is hy nie so goed as wat baie mense dink nie, maar dis erg om so gery te word deur beserings
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 04-Mar-2019 at 3:20pm
Ek is ook nie 'n fan nie, maar hy is 'n goeie speler... Dink dit hou darem die deur oop vir Franco Mostert om wereldbeker toe te gaan.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1782
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 04-Mar-2019 at 4:05pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek is ook nie 'n fan nie, maar hy is 'n goeie speler... Dink dit hou darem die deur oop vir Franco Mostert om wereldbeker toe te gaan.


Mostert moet gaan vlieg. Ek sal hom glad nie meer ondersteun nie. Laaste paar keer wat ek hom gesien het, het hy n lekker houding aan hom gehad. Saam met die manier wat hy weg is by ons, sal ek hom nie meer ondersteun nie.
Go LIONS!!!!!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.109 seconds.