The Lions next play the Sharks at Ellis Park in the Currie Cup on 27 July 2025, kickoff is at 15:00 |
Bulle sit voet neer oor Stassen |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40298 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 06-Feb-2019 at 5:28am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-sit-voet-neer-oor-stassen-20190205
Die jong Bul Hendré Stassen móét vir Superrugby aanmeld. Punt. Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) sê hoewel die 21-jarige Stassen die afgelope ruk nuwe hoogtes bereik het in Frankryk, waar hy vir Stade Français speel, was die ooreenkoms dat hy aan die einde van Maart na Pretoria terugkeer vir Superrugby-diens. En hy sal hieraan moet voldoen. Die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer, deesdae breier van Stade Français, het Stassen, Hanro Liebenberg en André Warner ná die verlede seisoen se Curriebeker-kompetisie as leenspelers na Parys ontbied. Die ooreenkoms was dat die drie Bulle tot die einde van Maart daar sal uithelp. Liebenberg en Warner is reeds terug, maar ná die voortreflike vertonings wat Stassen sedertdien in Stade se agttal gelewer het, is daar glo nou planne om sy dienste op die lang termyn te bekom. Xander Janse van Rensburg, die BBM se hoëprestasiebestuurder, het bevestig dat daar gesprekke tussen die Bulle en Stade Français was, maar sê gerugte dat Stassen vir goed in Frankryk gaan bly, is niks meer as bespiegelinge nie. “Hy het ’n kontrak met die Bulle en dit moet eerbiedig word. Ons het ’n leenooreenkoms gesluit en dit is niks meer as dit nie.” Sou Stade wel agter die skerms met Stassen onderhandel, sal dit ’n oortreding van Wêreldrugby se regulasies wees. Stassen is ’n fisieke en veelsydige speler, wat ewe tuis op slot en flank is. Met die Springbok-slot RG Snyman wat ’n enkelbesering opgedoen het, laat Stassen se afwesigheid ’n verdere leemte. Stassen het die week by die Bulle in Sun City, waar hulle ’n spanbou-sessie hou voor die Superreeks aanstaande naweek begin, aangesluit, maar sal daarna weer vir Meyer se span beskikbaar wees. Daar word by Loftus Versfeld voorspel dat daar ’n toutrekkery op hande is oor Stassen se dienste. Dit sal nie die eerste keer wees wat daar ’n onenigheid met ’n oorsese klub is nie. Daar is nou nog ontevredenheid by Ellispark oor die wyse waarop Franco Mostert verlede jaar na die Engelse klubspan Gloucester gelok is. Johan Ackermann, wat die Leeus afgerig het voor hy as Gloucester se hoofafrigter aangestel is, is nie baie gewild in Leeus-geledere nie oor die wyse waarop hy sy seun, Ruan, Ruan Dreyer, Jaco Kriel en Mostert by sy ou span afgerokkel het. Die Franse klub Toulon is ook van “vuilspel” beskuldig toe hy in Desember beweer het hy het reeds ’n kontrak met die Springbok-slot Eben Etzebeth gesluit. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40298 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Klink my hy is verlore vir die Bulle
|
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40298 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Het hom baie vir EG Jansen sien speel as 'n skoolseun. Is goed maar het 'n baie groot kop
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40298 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Sy pa is blykbaar 'n fanatiese Blou Bul ondersteuner, so daar was nooit enige twyfel dat hy by die Bulle sou opeindig nie
|
|
![]() |
|
Lion4ever ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Roodepoort Status: Offline Points: 2004 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Lets see how this ends.
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40298 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
The french club is going to offer big bucks...the 21 year old will go for the big bucks
|
|
![]() |
|
Lion4ever ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Roodepoort Status: Offline Points: 2004 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
The question is, will World Rugby step in and uphold their regulations, or will they capitulate like they did with Franco Mostert?
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40298 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
capitulate for sure
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |