The Lions next play Montpellier in France in the Challenge Cup on 11 January 2025, kickoff is at 19:30 |
‘Baie Bokke waarborg nie sukses’ |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 23-Jan-2019 at 8:31am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/baie-bokke-waarborg-nie-sukses-20190122
Die Superrugby-reeks is nie ’n kompetisie wat hom aan reputasies steur nie. So stadig eers met die voorspellings dat die Bulle vanjaar in die reeks die keur onder die Suid-Afrikaanse spanne kan wees, sê Handré Pollard, Springbok-losskakel. Dit is verstaanbaar dat daar uitgesien word na wat die Pretoriase span vanjaar kan vermag. Veral in die belangrike 8/9/10-ruggraat met spelers soos Duane Vermeulen, Embrose Papier, Ivan van Zyl en Pollard is die Bulle goed toegerus. Die ervare haker-aanwins Schalk Brits sal ook ’n verskil maak. Pollard skram egter weg van die gunsteling-etiket. “Natuurlik help dit om Duane en Schalk by ons te hê. “Jy kan hoe baie Springbokke in jou span hê, Superrugby is die taaiste kompetisie ter wêreld en reputasies tel niks nie. “’n Span moet elke naweek opdaag en op sy beste wees.” Hy sê hoewel daar hoë verwagtinge is, beteken dit nie daar is bykomende druk nie. “Dit gaan eerder oor ons selfvertroue. Daar was goeie goed verlede seisoen en ons moet nou probeer om daarop te verbeter. “Daar is elke jaar ’n paar aanpassings, maar rugby bly rugby. “Jy moet oorheers op die voordeellyn, die vaste fasette moet goed wees en jy moet meer punte as die ander span aanteken. “Dit is interessant hoe almal daaroor gepraat het om meer (aanvallend) te speel en nou lyk dit of daar in ’n rigting beweeg word waar meer geskop gaan word.” Pollard gee toe dit is ’n aanpassing nadat Pote Human aan die einde van 2018 aangewys is om as hoofafrigter by John Mitchell oor te neem. Pote is oop en eerlik en daar is baie van verlede jaar wat ons oordra, met klein veranderinge wat gemaak word. “Daar is altyd uitdagings, want elke afrigter het sy eie idees. “Pote is oop en eerlik en daar is baie van verlede jaar wat ons oordra, met klein veranderinge wat gemaak word.” Human het die Bok-slot Lood de Jager en Pollard as onderskeidelik kaptein en onderkaptein aangewys. “Ek is baie bly vir Lood. Hy is ’n natuurlike leier en dit gaan lekker wees om onder hom te speel. “Ons is in ’n gunstige posisie met so baie leierskap en senior spelers in die groep.” Hy sê die Bulle moet in die eerste maand die grondslag vir sukses lê. “Dit is baie belangrik dat ons goed begin. Ons het verlede seisoen ons eerste wedstryd gewen (teen die Hurricanes) en toe vier in ’n ry verloor. Dit het ons van momentum en selfvertroue beroof. “Ons begin met vier wedstryde voor ons ’n loslootjie het en hoewel jy nie te ver vooruit moet kyk nie, gaan daardie eerste maand ongelooflik belangrik wees. Veral omdat ons laat gaan toer.” Die Bulle begin hulle 2019-veldtog op 16 Februarie tuis teen die Stormers en kom die volgende naweek in Buenos Aires teen die Jaguares te staan. De Jager-hulle moet dan Ellispark toe om die Leeus aan te vat, waarna die Haaie op 9 Maart in Pretoria besoek aflê. Die Bulle speel Saterdag op Loftus se B-veld in ’n opwarmingswedstryd teen die Leeus. |
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
|
>>So stadig eers met die voorspellings dat die Bulle vanjaar in die reeks die keur onder die Suid-Afrikaanse spanne kan wees
Waar het hy dit gehoor? by Swys?
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |