The Lions next play Montpellier in France in the Challenge Cup on 11 January 2025, kickoff is at 19:30 |
Bulle gaps glo Cheetahs se skrum-ghoeroe |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 09-Jan-2019 at 5:47am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-gaps-glo-cheetahs-se-skrum-ghoeroe-20190108
Nie die Blou Bulle of die Cheetahs wou Dinsdag bevestig dat Daan Human op pad is Loftus Versfeld toe nie. Die verwagting is nietemin dat die Blou Bulle Maatskappy (BBM) in die volgende paar dae sal bekend maak dat Human dié franchise se nuwe skrumafrigter is. Human is die Cheetahs se skrumghoeroe en was ook verlede seisoen die span se hoofafrigter in die Curriebeker-reeks. Dit is onduidelik wanneer Human by die Bulle sal kan aansluit. Die Cheetahs het Zebre Sondag in Parma, Italië, met 27-12 in die Pro14-reeks geklop en speel volgende naweek teen die Kings. Die Bulle is in die mark vir ’n nuwe skrumkenner nadat Gary Botha in Oktober verlede jaar uit die bloute as die unie se skrumafrigter bedank het om ’n loopbaan buite rugby aan te pak. Ronel Pienaar, ’n woordvoerder van die Cheetahs, het kortliks in ’n verklaring gesê hulle “lewer geen kommentaar oor bespiegelinge oor personeel met vaste kontrakte nie”. Xander Janse van Rensburg, die BBM se hoëprestasiebestuurder, het gesê die Bulle is nie in ’n posisie om oor die kwessie uit te wei nie. “As daar verdere aanstellings gemaak word, sal ons dit amptelik bekend maak,” het hy gesê. Pote Human, die Bulle se hoofbreier, het ’n interessante afrigtingspan byeen vir die Superrugby-kompetisie. Die aanstelling van die oud-Stormer en -Cheetah Chris Rossouw as die span se nuwe agterlyn- en aanvalsafrigter het die wenkbroue in die hoofstad laat lig. Pine Pienaar keer terug as die Bulle se verdedigingsafrigter nadat hy in 2017 sy werk weens ’n afleggingsproses van die BBM verloor het. Daar word met hoë agting van Daan Human in die Vrystaatse rugbykringe gepraat, maar hy is as afrigter redelik onervare op Superrugby-vlak. Hayden Groepes bly aan in die afrigtingspan en is die Bulle se vaardigheids- en skopafrigter, terwyl die voormalige Bulle-kaptein Anton Leonard as ’n lynstaan-spesialis ingespan sal word. |
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |