The Lions next play Montpellier in France in the Challenge Cup on 11 January 2025, kickoff is at 19:30 |
Week van drama op Loftus oor Vic |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 09-Dec-2018 at 8:58am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/week-van-drama-op-loftus-oor-vic-20181208
In ’n week van groot drama op Loftus Versfeld het Victor Matfield eers nee gesê vir die pos van hoofafrigter van die Bulle. Die Bulle het toe sy arm gedraai om sy besluit te heroorweeg en Matfield sal nou óf môre óf vroeg in die week sy finale antwoord aan die Bulle gee. Willem Strauss en Alfons Meyer, onderskeidelik president van die Blou Bulle Rugbyunie en uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, het Matfield oorreed om weer te besin oor sy nee vir die pos. Rapport verneem Matfield se skielike ommeswaai oor sy beskikbaarheid vir die pos van hoofafrigter in John Mitchell se plek, het te make met familiesake en die langtermyn-sekuriteit wat SuperSport hom bied as spesialiskommentator. Dit is egter nie duidelik waarom hierdie twee aspekte skielik so belangrik geword het nadat Matfield vir die pos aansoek gedoen het nie. ’n Onberispelike bron het sy voorlegging as uiters professioneel en van die beste in jare beskou. Die Bulle se besluitnemers beskou hom ook vanweë sy skerp rugbybrein as ’n afrigter wat die span soveel as ’n Rassie Erasmus kan bied. Groot opgewondenheid het oor sy moontlike aanstelling geheers omdat die Bulle die afgelope tyd ook daarin geslaag het om spelers soos Duane Vermeulen, Schalk Brits en Rosko Specman vir volgende jaar se Superreeks te werf. Die name van nog aanwinste kan voor die Superreeks aangekondig word. Dit plaas die Bulle in ’n gunstige posisie om vir ’n slag weer ’n ware krag in die Superreeks te wees. Volgens ’n ingeligte bron hoop hulle nog dat Matfield ja sal sê. Hy en die Bulle moet ook nog oor baie aspekte van sy Curriebeker-pligstaat ooreengekom het. Hy het egter reeds met die spelers oor van sy planne gepraat, wat die Bulle hoop gee dat hy van besluit sal verander en die pos sal aanvaar. Besluit hy daarteen, is dit hoogs onwaarskynlik dat die Bulle wyer as Pote Human en Deon Davids sal kyk om die pos te vul. Die Bulle kan selfs besluit om ’n korttermynkontrak aan Human te gee om hulle in staat te stel om opnuut na ’n hoofafrigter te soek. Nie Strauss, Matfield of sy prokureur, Gerrie Swart, was gister vir kommentaar beskikbaar nie. Die Bulle kan hulle weens tyd in ’n skaakmat-posisie bevind as Matfield wel kleinkoppie trek vir die pos. Hulle het nou nie meer tyd om die pos weer te adverteer of onderhoude te voer voor hul eerste Super-kragmeting teen die Stormers op 16 Februarie aanstaande jaar nie. Human sou in elk geval na verwagting een van Matfield se Super-hulpafrigters wees. Hy is ook tans in beheer van die Bulle se voorbereidings vir die Superreeks, nadat die Curriebeker-span vanjaar onder Human tot die halfeindstryd deurgedring het. Dit sal daarom net sin maak om Human aan te stel aangesien Davids nog deur die Kings gekontrakteer is. |
|
PaBz0r
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2759 |
Post Options
Thanks(0)
|
https://rugby365.com/tournaments/super-rugby/news-super-rugby/monday-is-d-day-for-matfield
Lyk of die Director of Rugby posisie ook nog n gemors is.. |
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
|
Van News24: |
|
Zibbie
Koning Leeu Joined: 03-Apr-2016 Status: Offline Points: 1166 |
Post Options
Thanks(0)
|
so matfield is dan weer in seker ?
|
|
PaBz0r
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2759 |
Post Options
Thanks(0)
|
Of dat Pote net gaan aangaan?
|
|
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
O die drama!
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |