The Lions next play the Ospreys at Ellis Park in the URC on 17 May 2025, kickoff is at 17:15 |
Loonperk: SA spanne kry grasie |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40293 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Mar-2019 at 7:13am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/loonperk-sa-spanne-kry-grasie-20190309
Suid-Afrika se rugbybase sal teen 2 April ’n finale plan hê om die verwagte uittog van spelers ná die Wêreldbeker te stuit. Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, het die week vergader met plaaslike rugbybase en verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse Rugby se werkgewersorganisasie (Sareo) en die spelersorganisasie MyPlayers. Die plan sal meer detail gee oor die voorgestelde ranglys van 75 spelers van nasionale belang. Erasmus het vroeër aangekondig dat spelers ingevolge ’n nuwe kontrakteringstelsel ingelig sal word oor hul posisie op dié rang-lys. Aanduidings is dat ’n klein aantal junior spelers, wat as toekomstige Springbokke beskou word, ook op die ranglys sal voorkom. Die plan is nie om die ranglys openbaar te maak nie. Meer inligting het intussen ook aan die lig gekom oor die ooreenkoms dat unies se spelerbegrotings nie meer as R40 miljoen mag wees nie. Dié ooreenkoms sal stelselmatig in werking gestel word, het Rapport op goeie gesag verneem. Dit raak unies soos die Bulle en die Westelike Provinsie regstreeks. Hulle het groot spelerbegrotings (sien grafika) en kan dit moeilik oornag tot R40 miljoen verminder. ’n Beperking gaan ook geplaas word op die begroting vir junior spelers. Die impak daarvan sal wees dat unies nie meer dosyne spelers op junior vlak kan kontrakteer terwyl baie van hulle geen speelkans kry nie. Die Bulle het volgens inligting byvoorbeeld 54 gekontrakteerde o.20-spelers, maar sit nou hande in die hare nadat SA Rugby die o.19-kompetisie verlede jaar afgeskaf het. Die spelers is gekontrakteer voor Saru se besluit. Eugene Henning, hoof van MyPlayers, het op dié week se vergadering ’n voorlegging gedoen om te wys die gras oorsee is nie altyd groener nie. Ingeligtes sê dit is gedoen om te wys dat spelers oorsee dalk meer verdien, maar dat hul onkoste terselfdertyd styg. ’n Uitvoerende beampte van een van die unies sê daar word na verskeie faktore gekyk om die uittog van spelers te stuit. Een daarvan is die inwerkingstelling van Regulasie 9, wat bepaal dat oorsese klubs hul Springbokke moet vrystel vir kampe en toetse. Dit kan tot 14 keer volgende jaar gebeur en sal klubs waarskynlik lugtig maak om Suid-Afrikaners te kontrakteer. Die nuwe voorgestelde Belastingwet, waarvolgens Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk met 45% belas sal word, kan ook ’n invloed uitoefen op spelers se besluit om hul heil in die buiteland te gaan soek. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40293 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>Die Bulle het volgens inligting byvoorbeeld 54 gekontrakteerde o.20-spelers, maar sit nou hande in die hare nadat SA Rugby die o.19-kompetisie verlede jaar afgeskaf het. Die spelers is gekontrakteer voor Saru se besluit.
Ons het juis in die week hieroor gepraat. Die hoe-prestasie ou wat weg is by die Bulle word hiervoor blameer, maar ek dink darem nie hy kon voorsien het dat Sarugby die onder 19 kompetisie tot niet sou maak nie
|
|
![]() |
|
Vaal Leeu 3 ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek weet dis dalk n lawwe idee maar dalk kan van die groter unies kyk na n sisteem waar hulle van hulle belowende juniors aan kleiner unies "leen", met die ooreenkoms dat die manne kan deurkom soos die geleenthede opkom. Ek weet groter en kleiner unies werk reeds saam maar as hulle kyk na n sisteem waar die junior manne aktief speelkans kry vir die klein unie en nie net bly oefen of vrygestel word nie kan beide unies voordeel trek. En as beide unies die speler se salaris deel kan daar meer spelers in die pool bly
Edited by Vaal Leeu 3 - 10-Mar-2019 at 7:34am |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |