The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Andries los Leeus |
Post Reply |
Author | ||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39865 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 03-Mar-2019 at 11:06am |
|
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/andries-los-leeus-20190302
Andries Coetzee en RG Snyman tel onder die Springbokke wat volgende jaar saam met Duane Vermeulen en Willie le Roux klubrugby in Japan kan speel. Die lys sal gou langer word met ander plaaslike Superrugby-spelers wat soos Snyman en Coetzee Japan as ’n opsie beskou. Coetzee se naam word al van verlede jaar af met ’n skuif na Japan verbind. Allister Coetzee se Canon Eagles is een van die klubs wat hom wou hê. Dit is onwaarskynlik dat hy nou na Canon Eagles sal gaan, met ander klubs wat belangstelling in hom toon. Nadat hy in 2017 die Bokke se eerstekeuse-heelagter was, het Coetzee in onguns verval op nasionale vlak. Op 28-jarige ouderdom maak sy beplande skuif na Japan sin, hoewel dit ’n yslike slag vir die Leeus is. Die 24-jarige Snyman speel al van 2017 af vir die Japanse klubspan Honda Heat. Hy is gelukkig daar en behoort in 2020 daarheen terug te keer. Die Engelse koerant The Rugby Paper het onlangs berig Harlequins stel in hom belang, maar dié klub is nie deel van sy toekomsplanne nie. Leicester Tigers se naam is ook al genoem as ’n klub wat hom oorweeg het. Die dilemma waarmee die Bulle en die Leeus egter sit, is dat hul Japanse klubspelers nie volgende jaar vir Superrugby beskikbaar is nie. Dit was tot nou vir Suid-Afrikaanse spelers nog moontlik om tydens die Curriebekerreeks in Japan te speel en betyds vir Superrugby terug te keer Weens die Wêreldbekertoernooi is vanjaar se Japanse Topliga tot Januarie 2020 uitgestel. Dit duur tot Mei volgende jaar, wat beteken Japanse spelers sal die Superreeks misloop. Dít kan ook die geval in 2021 wees. Die Bulle, Haaie en Leeus sal daarom groot belangstelling hê of spelers soos Jason Jenkins, Jannes Kirsten (albei Toyota Verblitz), Burger Odendaal (Kubota Spears), André Esterhuizen (Munakata Sanix Blues), Philip van der Walt (Canon Eagles), Ruan Combrinck (Kintetsu Liners), Lourens Erasmus (NTT Docomo Red Hurricanes) en Kwagga Smith (Yamaha Júbilo) volgende jaar na hul Japanse klubspanne terugkeer. Selfs die Stormers sal duidelikheid by Siya Kolisi wil hê of hy slegs ’n sakebesoek by Panasonic Wild Knights afgelê het, en of hy planne het om volgende jaar vir hulle te speel. Vermeulen-hulle het reeds vroeër hul Japanse planne bevestig. Vermeulen het al vroeg in 2018 besluit hy gaan volgende jaar na Frans Ludeke se klubspan Kubota Spears terugkeer. Hy het die afgelope seisoen die eerste keer vir hulle gespeel. Le Roux se kontrak verstryk vanjaar ná die Engelse Premierliga by Wasps, waarna hy ná die Wêreldbeker by Jake White se Toyota Verblitz sal agterbly. |
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39865 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
>>>Selfs die Stormers sal duidelikheid by Siya Kolisi wil hê of hy slegs ’n sakebesoek by Panasonic Wild Knights afgelê het, en of hy planne het om volgende jaar vir hulle te speel.
LOL!...'n sakebesoek nogal
|
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39865 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Hy wou seker vir hom 'n Panasonic printer gaan koop in Japan?
|
||
Goue Leeu
Koning Leeu Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
|
||
valie
Koning Leeu Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ons seisoen is nog nie moertoe nie, maar ek dink Swys moet nou, soos van die manne al hier genoem het, begin om die youngsters meer betrokke te kry.
Hy moet die spelers wat weggaan stelselmatig begin uitfasseer, en die jonges meer speeljans begin gee. Die spelers wat waai moet ook openlik daaroor wees, sodat hy kan begin sucession planning doen. Dis al wat gaan maak dat ons weer groei.
|
||
Vaal Leeu 3
Ervare Leeu Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Andries is ver van goeie vorm, hy is op die oomblik nie rerig n reuse verlies nie...
|
||
Goue Leeu
Koning Leeu Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Sal baie graag vir Combrinck op heelagter wil sien. Skosan en Tambwe kan mos regtervleuel speel. Moet ook sê, Dyanthi het geen vorm op die oomblik nie. En gee vir Simelane 'n kans op 13. Swys sal iets moet doen om bietjie byt in ons agterlyn in te bring. Dalk... 9 Dillon Smit, 10 Jantjies, 12 Vorster, 13 Simelane, 11 Skosan, 14 Tambwe, 15 Combrinck. Steeds heelwat ervaring en kan nie vrotter vaar as ons huidige agterlyn met die bal nie.
|
||
Goue Leeu
Koning Leeu Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
En dan natuurlik bietjie balans in die lostrio... Brink moet nou vinnig terugkom! Op slot gaan die ouens wat ons het maar net bietjie van 'n "hard egde" in hul spel moet inbring.
|
||
emiel1
Ervare Leeu Joined: 30-Jan-2019 Status: Offline Points: 529 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Besef dat hy nie baie gewild is op die forum nie, maar ek dink die span het Orie gister gemis (nie dat hulle noodwendig met hom sou wen nie). Hy was een van ons beter spelers in Argentinie en ook in laas jaar se finaal.
Stem ook dat die lostrio balaans heeltemal verkeerd is. Die Bulle se kontraktering van goeie ervere "has beens" met internasionale toets ervaring is strate beter is as ons invoer van "never beens" soos Groom en Lewies. Ons is nou besig om spelers soos Franco Naude van die Bulle in te voer wat in drie jaar net een of twee keer die Bulls se begin span kon haal. Dit lyk of opkomende jong spelers soos Reynolds en Smit die voetspore van Marko Janse van Vuuren en Jaco van der Walt volg.
|
||
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Duane was 'n kits kopie, hy gaan net 1 jaar vir hulle speel. En ek kan regtig nie onthou dat hy uitgestaan het in die wedstryd teen ons nie? Steeds BAIE over rated in my opinie! Schalk Brits was wel goed. Ek stem dat Swys beter kan doen in terme van jong ouens inbring. Kyk, hy het al 'n klomp ouens caps gegee hierdie jaar, maar in die agterlyn veral kan hulle bietjie meer speeltyd kry
|
||
valie
Koning Leeu Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
|
||
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |