LionsWorld Forum : Wêreldliga: ‘SA sal nie oorhaastig besluit’
Subject: 7630
Posted: 11-Mar-2019 at 5:40am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wereldliga-sa-sal-nie-oorhaastig-besluit-20190309
Wêreldrugby se besluitnemers kom dié week in Dublin byeen om die voorstel te bespreek van ’n Wêreldliga, wat rugby soos ons dit ken, drasties kan verander.
Planne vir die nuwe toetsliga, wat van 2022 ingestel sal word, het tot groot ongelukkigheid gelei toe dit vroeër uitgelek het.
Ons sal geen besluit neem totdat ons die besonderhede aan ons rugbyunies kan voorlê nie. Só sal ons ’n besluit in belang van die toekoms van rugby in Suid-Afrika kan neem.
Die plan behels dat die Sesnasies-reeks, Rugbykampioenskap en Leeus-toere as “juwele” behou sal word. ’n nuwe Wêreldliga sal in twee afdelings beslis word, met ’n stelsel van promosie en relegasie.
Daar sal afsonderlike konferensies vir die Sesnasies- en Rugbykampioenskap-spanne wees en twee tweederangse nasies, Japan en Fidji, sal hulle by die Rugbykampioenskap aansluit.
SA Rugby se twee verteenwoordigers by Wêreldrugby – Mark Alexander, SARU se president, en Jurie Roux, uitvoerende hoof, het Vrydagaand na Dublin vertrek om die land se standpunt oor te dra
Hulle het belowe geen besluite sal geneem word voordat dit aan aandeelhouers voorgelê word nie.
“Ons sal geen besluit neem totdat ons die besonderhede aan ons rugbyunies kan voorlê nie. Só sal ons ’n besluit in belang van die toekoms van rugby in Suid-Afrika kan neem,” het Alexander gesê.
Sir Bill Beaumont, wêreldrugby se grootbaas, het die krisisgesprek in Ierland aangelê nadat spelers van die Stille Oseaan-eilande gedreig het om te staak omdat hulle aanvanklik uitgesluit is uit die Wêreldliga.
Beaumont het die dringende vergadering die week met Sanzaar en Sesnasies-lande belê, en Japan en Fidji saamgenooi vir samesprekings.
Rassie Erasmus, Springbok-afrigter en SA Rugby se direkteur van rugby, het die Wêreldliga se voorgestelde stelsel van promosie en relegasie verwelkom.
“Tans speel jy nie ’n wedstryd nie en jy beweeg op en af op die ranglys en niemand is regtig seker of jy eintlik nommer een of vyf is nie,” sê Erasmus.